ALBERT VAN WYK
ENTREPRENEUR, EIENDOMSBELEGGER, SPREKER & TOP VERKOPER SKRYWER
LEES DIT
LEES EEN VAN ALBERT SE TOP-VERKOPER BOEKE
KYK ALBERT
SE TV REEKS
MEER OOR ALBERT
Albert van Wyk is ‘n 31-jarige Suid-Afrikaanse Entrepreneur, Eiendomsbelegger, Selfgemaakte Miljoenêr, en Gekwalifiseerde Industriële Ingenieur en Top-Verkoper Skrywer.
Albert stel mense regoor die land in staat om hul rykdom op te bou. Sy passie is om entrepreneurs en besigheidseienaars te help om finansiële sukses te bereik. Hy bemagtig ook die jeug van Suid-Afrika en het hierdie jaar alreeds 64 skole besoek en meer as 68 000 leerders toegespreek met sy “Maak My ‘n Miljoenêr” TV program.
Hierdie jong Hoërskool entrepreneurs het onder sy mentorskap ‘n besigheidsgroei van 52 000% gesien.
Albert is ‘n filantroop wat baie geld, ure en kms belê in die jeug van Suid-Afrika soos hy van skool tot skool toer reg oor die land. Hy is steeds woonagtig in die Moot van Pretoria, waar hy gebore is.
Albert het altyd gewens dat daar ‘n entrepreneur na sy skool toe kon kom wat as ‘n mentor kon dien om hom te help met sy hoërskool besighede. Nadat hy toe sy eerste Miljoen gemaak het op 22 jaar oud, het hy dit sy lewens missie gemaak om jong Hoërskool entrepreneurs te mentor en te help om ook miljoenêrs te word.
NEEM DIE EERSTE STAP